skip to Main Content
Mans Kan Ook Suffer Van ’n Lae Libido

’n Lae libido beskryf die afname in belangstelling van seksuele aktiwiteit.

Dit is wel belangrik om te verstaan dat dit normaal is vir mans om ook van tyd tot tyd minder belangstelling in seks te hê. Dit is ook normaal om nie altyd heeltemal in sync te wees met jou partner se seksuele behoeftes nie. Maar wanneer die afname in belangstelling vir ’n baie lang tyd aanhou, moet jy dit nie ignoreer nie.

Hier is moontlike redes vir lae libido by mans:

1. Lae testosteroon

Dit is ’n algemene verskynsel vir mans se testosteroonvlakke om te daal met ouderdom, maar as die daling baie drasties is kan dit lei tot erektiele disfunksie. Lae testosteroon kan ook lei tot depressie, hartsiektes, diabetes en lae beendigtheid.

2. Spanning

Voortdurende stres laat enige mens se kortisolvlakke styg. Te hoë vlakke van kortisol kan mans se testosteroon, en dus libido, negatief beïnvloed.

3. Chroniese siekte en medikasie

’n Siekte laat mens sleg voel en dus sal die frisky vibes baie laag wees. Die medikasie vir chroniese siektes is ook nie van enige hulp vir jou man se libido nie. Die beste ding om te doen is om so gou as moontlik ’n dokter te sien en testosteroonvlakke te toets om by die wortel van die kwaad uit te kom.

 

Bron: drjirehserfontein.co.za

Back To Top
%d bloggers like this: