skip to Main Content
Dokter Jouself Gesond Met S…

Vergeet van die dokter en gaan slaapkamer toe wanneer jy voel verkoue klop aan jou deur…

Sodra jy bietjie siek voel, raadpleeg jy gewoonlik die dokter of apteker. Cleveland Clinic het egter bewys dat dit beter is om na die slaapkamer te gaan- en nee, nie vir ’n middagslapie nie. Daar is bewys dat seks tydelike verligting van sinusitis tot gevolg kan hê.

Hoe werk dit?

Die sagte weefsel in jou neus bevat klomp klein bloedvaatjies wat turbinate genoem word. Die bloedvate werk op dieselfde wyse as die sagte weefsel in manlike en vroulike genitalië- hulle kan ook swel. Wanneer die bloedvate in jou neus swel, veroosaak dit ’n ‘stuffy nose’.

Gedurende seksuele opwekking, skop jou sentrale senuweestelsel in. Hierdie stelsel is verantwoordelik vir jou fight or flight reaksie. Net soos tydens oefening, veroosaak seksuele opwekking dat adrenalienvlakke styg wanneer jy seksueel gestimmuleer word. Jou neus se bloedvate vernou en die bloedvloei neem af. Verlaagde bloedvloei veroorsaak verlaagde inflamasie, en dus kan jy makliker asem haal.

Ongelukkig gebeur die proses nie altyd op dieselfde manier en op dieselfde graad nie. Dit kan dalk een dag werk en die volgende dag glad nie. Dit verskil ook van persoon tot persoon.

Hoe lank duur dit?

Die effek kan tussen 45 minute tot ’n uur lank na seks duur. Sodra jy klaar is met seks, skop jou parasimpatiese senuweestelsel in. Hierdie stelsel is verantwoordelik vir energiebesparing en veroorsaak dat jou hart stadiger klop. Jou neus se bloedvate sal dus terugkeer na normaal en jy sal heel moontlik weer sukkel met ’n toe neus.

WAARSKUWING: Hou dalk ’n tissue byderhand. Jou toe neus kan vinnig verander in ’n loopneus, wat net so ongemaklik is.

Back To Top
%d bloggers like this: