skip to Main Content
Does This Dress Make Me Look Fat?

Wat is die regte antwoord op ‘n vraag soos dié? En is daar ooit ’n regte antwoord? Ek sê vir jou nou: die ding maak my effe ongemaklik!

Dis ’n moeilike vraag dié – en een wat al vir generasies lank die manne laat kopkrap. Hoekom vra julle ons die vraag as julle nie ’n eerlike antwoord verwag nie? Is dit omdat julle ons wil trick and if so for what reason?

Is die feit dat ons, ons hele lewe saam met jou wil spandeer nie genoeg vir jou nie. Nou moet ons, ons liefde validate deur te sê watter size jy is…nee Mamma…hoekom wil jy dan nou krap waar dit nie jeuk nie?

So kom ons wees eerlik met mekaar and I’ll tell you why…

Want ons lees al hierdie berigte wat vir ons sê hoe ons moet lyk, praat, aantrek, ensovoorts tot by ’n punt waar ons vergeet het om ons eie vorm van onsself te wees. Nou staan jy in ’n cubicle by ’n winkel en pas klere aan en soos jy dit aanpas stuur jy pictures na jou vriende om vir jou te sê of jy dit moet koop of nie… Of erger: jy post dit op social media sodat mense kan comment, ’cause somewhere in your life you have completely lost the ability to dress yourself. So jy wil vir my sê jy het jouself jou hele lewe lank aangetrek en een oggend toe jy wakker word, het jy completely vergeet hoe om dit te doen?

Wanneer het dit begin? Hoe het dit begin?

Jy weet hulle noem dit “following trends”, want al wat dit moet doen is om jou te help met jou kreatiewiteit en om guidelines te gee. Dit is nie daar om vir jou te sê of wys wie jy as mens is nie.

REAL TALK: Weet jy wat beteken BELLA? Weet jy wie is BELLA?
JY is BELLA in jou unieke vorm, kleur, lyf, haarstyl en wese.
JY is die BELLA van vandag, die BELLA van ons tyd!

Mans sal aan jou lippe hang if you wear nothing but confidence! Ek sê jou nou: vir my en meeste mans is dit die fokken sexyste ding wat ’n vrou kan dra.

So the question isn’t, “does this make me look fat?”, maar eerder how does it make YOU feel, ’cause if you’re not happy with how you feel, only you have the ability to change that. Daar is geen rede om ’n man daai tipe mag oor jou te gee nie.

So, volgende keer as jy weer daai nommertjie aantrek, stop voor daai spieel en sê vir jouself: “Jy is hot. Jy is BELLA,” dan loop jy na die voordeur, snap jou fingers en sê vir jou ou:  Pappa, ons rol… Talent only has so much time 🙂

*Hierdie rubriek het oorspronklik in BELLA Tydskrif se Julie-uitgawe verskyn. Emo Adams is een van ons talentvolle rubriekskrywers wat maandeliks sy sielskos met ons deel op die laaste bladsy van BELLA Tydskrif.

 

Rubriek geskryf deur: Emo Adams

Back To Top
%d bloggers like this: