skip to Main Content
Declutter Jou Kopspasie, Marie Kondo Styl

So gebruik jy die #1 New York Times topverkoper outeur en Netflix-ster se truuks om jou kop skoon te kry.

Marie Kondo, outeur van die wêreldwye topverkoper, The Life-Changing Magic of Tidying Up: The Japanese Art of Decluttering and Organizing, en aanbieder van die nuwe Netflix-treffer, Tidying up, se transformerende kragte berus op eerlike introspeksie, dankbaarheid en braafheid.

Die proses is drieledig: Eerste hou jy elke besitting vas en vra jouself eerlik af of die item vreugde verskaf of nie. Tweedens word die items wat nie vreugde verskaf nie bedank en dan op ’n gepaste manier van ontslae geraak. Laastens kry die vreugde-verskaffende items funksionele en toeganklike plekkies in die huis.

So pas jy die wenresep op jou chaotiese kopspasies toe:

1. Ruim tyd in om ou gedagtes en emosies te ondersoek en snuf daardie stresvolle en negatiewe gedagtes uit.

2. Sit ’n rukkie met die gedagte sonder om dit of jouself daarvoor te veroordeel. Vra jouself waarna wys die gedagte? Jy fantaseer dalk oor hoe jy jou baas in sy pietjie instuur- die woede dui dalk daarop dat jy ongelukkig is met jou werksituasie en kan ’n indikator wees dat jou seisoen daar tot ’n einde kom. Vat ’n paar sekondes en laat jouself toe om dankbaar te voel teenoor die gedagte.

3. Kies dan om dit te laat gaan of om gehoor te gee aan die gevoel en dit te gebruik om ’n funksionele besluit te maak.

Soos jy geoefen raak om jou gedagtes gevange te neem en ontslae te raak van die wat jou nie baat nie sal jy meer in beheer begin voel. Deur gedagtes wat jou vreugde en vrede steel te kommandeer, gaan jou lewe meer georganiseerd wees.

Back To Top
%d bloggers like this: