skip to Main Content
Celebrate Vriendskap!

Girl friend’s day het geen romantiese konnotasie soos Valentynsdag nie. Volgens Days of the year (2017) vind die spesiale dag op 1 Augustus plaas. Díe dag is ingestel om jou vriendinne en vriendskap te celebrate!

’n Vriendin is ’n persoon met ’n ekstra spesiale plek in jou hart. Iemand wat jou seer halveer en jou geluk verdubbel. Iemand wat jou diepste geheime koester en bewaar. Dit is ook die persoon wat opreg is en vir jou op ’n mooi manier sê as jy besig is met die verkeerde dinge. Sy ken jou hart en wil altyd die heel beste vir jou hê. Goeie vriendinne is soos sussies met onbreekbare bande!

Foto: RDK Photography

Volgens Days of the year (2017) is hierdie instelling afkomstig vanaf Mistress Susan af wat op 1 Augustus 2004 besluit het dat ons, ons dankbaarheid teenoor vriendskappe moet wys. Ons publisher, Carly Bailey Natasen, sê vriendskap beteken vir haar om gemaklik genoeg saam met iemand te wees, deur net jouself te wees – sonder om te voel jy moet iets wees of iets doen. “Jy kan byvoorbeeld eerlik met jou vriendin wees en sê jy is moeg, kom ons skip die fliek en chill eerder op die bank,” sê sy.

Alhoewel dit gister reeds girl friend’s day was, vier ons elke dag vriendskap en vrou-wees! Bel bietjie ’n vriendin wat ver bly, gaan drink by ’n ander vriendin chai latté. Maak seker dat jou vriendskappe tél en dat jou vriendinne wéét jy waardeer hulle! Onthou om ’n  goeie vriendin te hê, moet jy self een wees!

 

Geskryf deur: Lizanne Theron

Hooffoto: Hanri Human 

Facebookfoto: Aldus Smith Photography

Ander: Pixabay

Volg vir BELLA op Instagram by @bellamag_sa.

Back To Top
%d bloggers like this: