skip to Main Content
Body Confidence Help In Die Slaapkamer όόk

Dalk is jy nie meer so maer soos jy eens was nie. Of dalk voel jy té maer. Of dalk is jy net nie 100% gemaklik om sonder klere voor enige iemand te verskyn nie.

Body confidence is ’n baie goeie ding om te hê tydens seks, maar dit kom nie altyd natuurlik nie.

Seks is een van die min kere in die lewe wat jy sonder klere kan wees. Maar hoe gemaak as jy selfbewus voel oor jou lyf? Wees gerus. Dis heeltemal normaal om skamerig te voel. Jy is ontbloot en baie kwesbaar tydens seks.

Wees eerlik met jou seksmaat en kommunikeer hoe jy voel. Die kans is goed dat hy ook insecurities het.

Dis ook ’n goeie idee om op dieselfde tyd uit te trek. Tensy jy wil, is dit glad nie nodig om’n strip tease te doen terwyl hy groot-oog sit en kyk nie. As julle op dieselfe tyd julle klere uittrek behoort jou aandag anyway op jou maat se lyf te wees, en nie jou eie nie.

Fokus op jou sterkpunte. As jy weet jy het hare soos Rapunzel kan jy hulle gerus los laat hang oor jou skouers. As jy hou van jou borste, kan jy ’n pushup-bra aantrek om hulle nóg meer te beklemtoon. En as jy selfversekerd voel oor jou boude of bene, kan jy mooi onderklere dra om die pakkie ekstra spesiaal te laat vertoon.

Moet ook nie voel dat jy onder die spotlight hoef te staan nie. Sit die hooflig af en sit slegs een leeslamp aan of steek kerse aan. Dit skep nie net ’n romantiese atmosfeer nie, maar veroorsaak ook dat die vertrek bietjie donkerder is.

Selfs al het jy nie DD-grootte borste, lang hare of mooi gespierde boude nie, kan jy berus in die feit dat jou maat jou gekies het vir ’n rede. Nege uit tien keer sal jou maat eers attent wees op jou ‘flaws’ wanneer jy hulle uitwys.

Dis ook ’n goeie idee om jou man nou en dan te verseker – dis nie net vrouens wat sukkel met body confidence nie.

Back To Top
%d bloggers like this: