skip to Main Content
Begrafnis Etiket: Reëls Wat Elke Gas Moet Nakom

Begrafnis etiket is nie net ’n outydse nice-to-have nie, maar eerder ’n stel konkrete reëls om aan vas te hou gedurende ʼn tyd wat niks sin maak nie.

Caskey Ndaba, Bestuurder van Alternatiewe Kanale by Metropolitan erken dat alhoewel ons graag respekvol wil optree tydens ’n begrafnis, dit uitdagend of selfs verwarrend kan wees om sensitief op te tree. Hier is sy top moets en moenies vir gaste:

  1. Trek gepas aan: Alhoewel sommige kulture hul eie kleredragskode het, is swart, neutrale, of donker kleure klere sinoniem met rou en dus ʼn veilige keuse. Trek konserwatief aan en vermy enigiets wat uitstaan of glinsterend is.
  2. Wees betyds! Vroeg is betyds, betyds is laat en laat is onaanvaarbaar. Daag 10-30 minute voor die tyd op om sitplek en parkering te kry. Indien jy wel laat opdaag, wees so onopvallend as moontlik. Indien die oorledene ingedra word op daardie oomblik, wag buite totdat dit verby is.
  3. Die eerste paar rye van die kerk of venue is gewoonlik gereserveer vir familie of naby vriende. Indien jy nie in een van die kategorieë val nie, sit in die middel of agter. Dit is respekvol om in jou stoel te bly vir die volle duur van die diens.
  4. Maak seker dat jou foon op silent of af is.
  5. Moenie foto’s op sosiale media post nie. Dit is baie onvanpas om te Tweet, Instagram of Snapchat by ʼn begrafnis aangesien dit nie ʼn sosiale byeenkoms is nie. Wees ook bedagsaam wat jy oor die afgestorwene op sosiale media sê en neem hul familie in ag wanneer jy post.

“Die belangrikste ding wat jy moet doen is om die oorledene se lewe te vier. By ʼn begrafnis het almal een ding in gemeen – die herinneringe van die oorledene,” sluit Ndaba af.

Back To Top
%d bloggers like this: