skip to Main Content
Almarie Du Preez: Leer Uit Haar Seer

Dis ʼn jaar sedert die Bok Radio-omroeper en musikant, Almarie du Preez, haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Jy Vir My, vrygestel het.

Dit is met groot opgewondenheid dat sy haar tweede Afrikaanse enkelsnit, Hemeldans, vrystel. Hemeldans se lirieke is geïnspireer deur die afsterwe van ʼn vriend van Almarie wat, nadat hy onverwags met kanker gediagnoseer is, binne ses weke oorlede is. Sy dood het haar tot stilstand geruk en weer laat besef dat die dag van more nie gewaarborg is nie.

“Die verlies van my vriend se lewe het my aangemoedig om te veg vir my Godgegewe talent, om op te staan vir my lewensdoel, ”vertel sy.

Almarie is van die opinie dat ons almal gebore word met ʼn onwillekeurige voorliefde vir sekere dinge wat jou dryf gee soos niks anders kan nie. Sy verwys na daardie belangstellings en talente wat jou nooit wil los nie, selfs al probeer jy dit los. Sy sê: “Dis daai dinge wat jou energie gee om op te staan in die oggend, die dinge wat jou laat lewendig voel. Sy voel dat die wêreld se persepsie van sukses hoofsaaklik geld en status insluit, terwyl jou ingeboude skeppingsdoel dikwels in die proses prysgegee moet word.

“Dis my hoop dat Hemeldans jou sal laat opstaan, jou sal aanmoedig om dit wat jou terughou om jouself uit te leef agter te laat; en dat jy braaf genoeg sal wees om te doen wat jy weet jy gemaak is om te doen. Ek hoop jy sal veg vir hoe uniek JY aanmekaar geweef is.” “Ek het die lirieke geskryf, terwyl die musiek in samewerking met die briljante StoneBear & Mayor verwerk is.

Hemeldans is nou beskikbaar op alle digitale platvorms.

 

Geskryf deur: Melanie Jacobs
Foto: Verskaf

Back To Top
%d bloggers like this: