skip to Main Content

Carly Bailey Natasen

Publisher

Carly Bailey Natasen is die eienaar en uitgewer van BELLA Tydskrif. Sy is ook die redakteur van BELLA se statige suster tydskrif, Prestige Magazine. Carly is ’n baanbreker in die tydskrifindustrie en gebruik BELLA as ’n platform om vroue te bemagtig. Carly is ’n dinamiese, werkende mamma met ’n kop vir besigheid. Haar naam is ook wel bekend is die motor-industrie en sy is ’n topklas kar redakteur.

Lees Carly se artikels >>>

Bianca Raath

Vermaak- en Moderedakteur

Bianca is BELLA Tydskrif se Vermaak- en Moderedakteur. Sy is ’n jong, dinamiese dame met ’n kreatiewe aanvoeling vir die digitalebedryf. Bianca het Mode-ontwerp en Handelbestuur aan die Universiteit van Pretoria studeer en het 3 jaar ondervindig by SA Fashion Week en verskeie modehandelaars opgedoen. Sy het ’n passie vir musiek en mis nie sommer ’n markie nie. Familietyd is nommer een en sy is ’n trotse peetma van twee pugs. 

Lees Bianca se artikels >>>

Jeandelene de Kock

Skoonheidsredakteur

Jeandelene is BELLA Tydskrif se Skoonheidsredakteur en trends guru. Sy het onlangs haar Meestersgraad in Verbruikerswetenskap by die Universiteit van Pretoria verwerf. Jeandelene het ’n passie vir joernalistiek, die tydskrifbedryf en leefstylindustrie. Sy woon in die hartjie van Pretoria saam met haar drie katte en sy wil graag vroue inspireer om die beste weergawe van hulself te wees. Sy glo ook dat enige challenges oorkom kan word met bietjie rooi lipstiffie en liquid eyeliner!

Lees Jeandelene se artikels >>>

Ciske Labuschagne

Kosredakteur

Daar is ʼn definitiewe skeidingslyn tussen ʼn tradisionele onthou-kok en ʼn nuwerwetse kinkelkok, daar waar hierdie twee rakelings saamkom vind jy vir Ciske. Kos is in haar gene en sy meen haar loopbaan as sjef is suiwer danksy haar ouma, wat van kindsbeen af ʼn liefde vir kos by haar gekweek het. Saam met haar natuurlike aanleg in die kombuis, is Ciske ʼn gekwalifiseerde spesialis in fynproewerskos en wyn, met 12 jaar se ervaring in die voedselbedryf. Wanneer synie trendy resepte uitdink óf haarself aan die kostalgie oorgee nie, bestuur sy haar suksesvolle besigheid, Eighty Ate Food Company. Haar idee van ontspanning is om met haar Land Cruiser en haar hondjies uit te ry plaas toe om haar hande in die grond te druk waar sy haar eie organiese groente en kruie plant, oes en by haar disse insluit, want sy is op haar gelukkigste in die kombuis.

Lees Ciske se artikels >>>

 

Lizanne Theron

Proefleser en Features

Die klank wat jou rekenaar maak wanneer jy verwoed besig is om al jou kreatiewe idees op skrif sit of in die geval te tik en die reuk van papier tussen jou vingers is die dinge wat vir Lizanne gelukkig maak. Sy het haar honneursgraad in Kommunikasiestudies aan die Noordwes Universiteit van Potchefstroom voltooi en daarna ’n diploma in Besigheidsbestuur aangepak. Met haar liefde vir mense en die feit dat sy ’n spelfout ’n kilometer ver weg kan uitsnuffel is dit geen verrassing dat sy Liefste BELLA se proefleser en profielskrywer is nie.

Lees Lizanne se artikels >>>

Ilze Du Toit

Trouredakteur

Ilze du Toit is BELLA Tydskrif se trouredakteur en bestuur die Matriek-afdeling van BELLA. Sy het Media Studies en Joernalistiek studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en daarna ook haar onderwys diploma voltooi. Sy is mal oor enigiets trouverwant en sien haarself as ’n ywerige series kyker, neat freak en kreatiewe denker. Tans verwag sy haar eerste babaseuntjie wat in April by die BELLA-familie sal aansluit.

Lees Ilze se artikels >>>

Suret Alive

Gesondheidsredakteur

Suret is ’n voorkoms en fiksheidskenner in Pretoria. Haar dae bestaan uit vroeë oggend fiksheidsessies saam met kliënte, klerekasbeplanning en natuurlik ook skryf. Haar passie is om mense te help om hulle selfvertroue te ontwikkel deur die unieke self te ontdek en te bou aan daardie identiteit. Sy help haar kliënte om ’n unieke klerestyl te ontwikkel en daagliks aandag te gee aan voorkoms. Ook om gesonde oefengewoontes aan te leer en ’n gereelde, gebalanseerde oefenprogram te volg.

Lees Suret se artikels >>>

 

Helene van der Merwe

Kinderredakteur

Helene is ’n vryskutjoernalis (BA Joernalistiek), inhoudskepper, alewige storieverteller en Mamma van ’n parmantige tweejarige. PrettyBelle , haar award winning blog is haar tweede baba en dis hier waar sy Mammas inspireer en moederskap daagliks met styl omarm. Sy het ’n nagraadse diploma in onderwys (NGSO) en het nege jaar van haar lewe met kinders gewerk. Alhoewel niks jou kan voorberei op moederskap nie! As sy nie blog, skryf of shop nie, help sy vrouens om op hul beste te lyk as voorkomskonsultant. Sy kies om die mooi in die lewe raak te sien, verlaat nie die huis sonder rooi of pienk lipstiffie nie en is op haar gelukkigste voor haar rekenaar met ’n stomende cappuccino.

Lees Helene se artikels >>>

Anja Labuschagne

Dekorredakteur

Na universiteit, met ʼn BSc-graad in Verbruikerswetenskappe, het Anja deel geword van die dekorwêreld, waar sy haarself as ʼn materiaalspesialis gaan vestig het. As jy enigiets van ru katoen tot egte leer wil weet, sal sy jou kan antwoord. Gepraat van katoen, as sy nie haarself met BELLA-dinge besig hou nie, hou sy haar lyf mede-eienaar van ʼn aanlyn dekorwinkel, Katoenknop, en sy werk ook agt-tot-vyf by ’n vooraanstaande maatskappy in die interieurbedryf. Oor ʼn naweek sal jy haar waarskynlik in ʼn kunsgalery kry waar sy aan gemmerbeetsap teug of tuis met haar neus in ʼn boek. Sy is op haar gelukkigste omring deur haar familie en haar geliefde hondekinders. Jou huis is waar jou hart is, en daar waar jou hart is moet dit mooi wees. Daarom is dekor haar passie.

Lees Anja se artikels >>>

Bettina Bertolini

Diereredakteur

Fan van diere met vier pote. Vyand van die met agt. Bettina het ’n regsgraad wat sy tans gebruik om familie lede gerus te stel en verkies die titel ‘kunstenaar’. Haar reisende kunsateljee, 25Gogh vlieg tussen Harties en Brits waar sy kinders leer dat hulle die hele papier kan gebruik om te teken, nie net die regterkantste hoekie nie. As sy nie verf, skryf of lees nie, spandeer sy tyd saam met Dolce en Vita (die coolste Border Collies ooit). En as sy die dag avontuurlustig voel gaan kruip sy en haar viervoetige vriende deur die skoolgrond se heining vir groener gras.

Lees Bettina se artikels >>>

Mart-Marie du Toit

Sukses- en Tech- Redakteur

Mart-Marie du Toit reis die wêreld vol opsoek na iets interessant om te eet, of kuns wat haar wil laat huil so mooi is dit. Sy is nuuskierig oor die wêreld en sy mense en skryf graag oor dit wat nuut en nou is. Sy hou daarvan om haar vinger op die pols te hou – veral wat trends in kos en tech betref. Sy is ook passievol oor suksevolle #BossLadies en voel dat vroue die wêreld kan (en gaan) oorneem.

Lees Mart-Marie se artikels >>>

Melanie Jacobs

Vermaaklikheidsredakteur 

Back To Top
%d bloggers like this: