skip to Main Content
Die Paashaas Bring Chocolate

Suid-Afrika het ’n groot verskeidenheid lekkernye waarvan die Paashaas gebruik kan maak vir sy mandjie.

Luane Lavery, Kulula.com se Kommunikasie Bestuurder, het gaan kyk waar jy die beste Paasbederfies kan uitsnuffel vir die vakansie. Die soektog het haar van Kaapstad tot die Kwazulu-Natal Midlands geneem en hier is waarmee sy vorendag gekom het.

Honest Chocolate, Wale straat, Kaapstad

Foto: Honest Chocolate

Die klein, kunstige sjokolade besigheid is streng old-school met al hul produkte wat tradisioneel en organies handgemaak is. Behalwe vir die keuse van organiese sjokolade en gegeurde sjokolade stawe – van gekraakte koffie tot Kalahari seesout – maak hulle ook bonbons. Kinders is mal oor die sjokolade skedels.

Besoek honestchocolate.co.za of gaan kuier by hul Chocolate Café by 64A Wale straat.

Lindt Chocolate Boutique, Sandton City, Johannesburg

Foto: Lindt Chocolate Boutique

As jy opsoek is na meer van ’n mainstream ervaring, is die Lindt Boutique in Sandton die plek om te besoek. Hul voorraad sluit ’n reeks Lindt produkte in – van die bekende goue hasies tot gesofistikeerde geskenkbokse.

Besoek lindt.co.za vir Paas-idees.

Chocolate Heaven, Nottingham Road, Kwazulu-Natal Midlands

Foto: Chocolate Heaven

Hier kan jy avontuurlustig hul kerrie- of chilli en sjokolade kombinasies uittoets en vir die meer konserwatiewe tong is daar ook die bekende kombinasies soos fudge, karamel, brosbeskuit, Turkish Delight en gedoopte aarbeie. Hulle bied ook ’n Dippingz Experience, wat aanlyn bespreek kan word. Dit behoort pret vir die hele gesin te verskaf. Verken die reeks crazy geurkombinasies op chocolateheaven.co.za.

Huguenot Fine Chocolates, Huguenot Road, Franschhoek

Foto: Huguenot Fine Chocolates

As jy regtig lief is vir sjokolade, is ’n besoek aan Suid-Afrika se gourmet hoofstad en sy Huguenot Fine Chocolates ’n moet. Danver Windvogel en Denver Adonis is Belgies-gekwalifiseerde chocolatiers en hulle produseer ’n reeks handgemaakte sjokolades wat in aparte stelle in boksies verkoop word. Hulle verkoop ook roomys, konfyt en ingelegde items.

Jy kan ook hul daaglikse sjokolade ervaring meemaak, wat ’n demonstrasie van hoe sjokolade gemaak word, insluit. Om meer hieroor uit te vind of te bespreek, besoek huguenotchocolates.com.

As sjokolade nie jou ding is nie (vreemd, maar moontlik), en jy wil steeds ’n Paas-ervaring hê, gaan soek dan na die Paashaas of sy familie in een van die vele nasionale parke in Suid-Afrika. Met die groot hoeveelheid hase en konyne in Suid-Afrika, is dit ’n heerlike manier om Paasnaweek mee af te skop. Om die verskil tussen hase en konyne te identifiseer, besoek die Wildcard blog: wildcard.co.za.

 

Geskryf deur: Renate Engelbrecht

Foto’s: Unsplash

Back To Top
%d bloggers like this: